Aktiwiteite by Sun City Hotel, Sun City Oord

Maak gebruik van toegang by hierdie ongelooflike Sun City Oord met sy wêreldklas sport en ontspanning geriewe, restaurante, kroëe en familie vermaak.

Sport en Aktiwiteite

Daar is ʼn groot verskeidenheid van sport en ontspannings aktiwiteite by hierdie Oord. Neem deel aan tennis, muurbal, perdry, en natuur staptogte. Golf is ʼn gunsteling op die 2 bekende golfbane waarvan een ontwerp is deur Gary Player.

Familie Ontspanning

Eindelose pret en vermaak kan geniet word deur die hele familie. Van opvoedkundige aktiwiteite vir die kinders, diere wêreld en Kamp Kwena met hulle baba krokodille wat vasgehou kan word. Ander aktiwiteite sluit in die ry van vierwielmotorfietse, ry op die Stimela trein, mini golf, skattejag, Scratch patch, en flieks vir die hele gesin.

Water Aktiwiteite

Die Valley of Waves offer aktiwiteite soos swem en branderplankry en moet nie ʼn sonsondergang rit op die meer misloop nie.

Wildbesigtiging

Gaan op ʼn rit om die Groot 5 en ander wild te besigtig by die Pilansberg Nasionale Park. Geniet n wonderlike tydjie by die Gary Player Health Spa en pamperlang jouself met vel en mooimaak behandelinge.

Naglewe

Die Sun City Oord het ʼn fantastiese naglewe wat dans, potspel, sport ens. insluit of geniet drankies by een van die kroëe.

Vermaak

Die Sun City teater offer fantastiese vertonings aan. Geniet ʼn maaltyd by enige van die restaurante soos die Orchid en Calabash Restaurante, kyk na ʼn vertoning en probeer jou geluk by die Sun City Dobbelhuis.

Spa en Gesondheidsorg

Ontspan en word gepamperlang by die Royal Salon. Daar is wonderlike behandelinge beskikbaar wat jou spiere sal masseer na ʼn potjie golf of net fantastiese mooimaak sessies wat jou sal opkikker.

Spesiale Geleenthede

Kies van ʼn verskeidenheid plekke om verjaarsdae, troues, romantiese wegbreek naweke en wittebrode te vier. Die verskeie keuses sal almal se sakke pas en hulle maak voorsiening vir klein of groot groepe.

Sun City Resorts and nearby Hotels : Sun City Accommodation : South Africa Hotels
©2024 Siyabona Africa (Pty)Ltd - Private Travel