Hierdie Hotel in Suid Afrika het ʼn totaal van 340 kamers wat ruim en stylvol is. Al die standaard kamers van hierdie 4 ster Hotel kyk uit op die swembad en het al die fasiliteite wat mens kan verwag van ʼn wêreldklas vakansie oord.
Sun City Hotel het kamers met toegang vir gestremde persone. Hierdie kamers het konings grootte beddens, bankbeddens en baie ruimte om in rond te beweeg. Die en-suite badkamers is universeel toeganklik met handvatsels waar benodig. Die slaapkamer het ʼn sitbank, platskerm TV met satteliet kanale, lugversorging, tee en koffie fasiliteite, ʼn mini-kroeg en 24 uur kamer diens.
Die hele familie kan die geriewe geniet van hierdie Luukse Familie Kamer by die Sun City Hotel. Daar is twee enkel beddens, ʼn konings grote bed en ʼn bankbed vir kinders om op te slaap. Geniet die ongelooflike uitsigte op die swembad en meer vanaf die balkon en 24 uur kamer diens om kos te bestel as die kinders honger is.
Die Luukse Suite by die Sun City Hotel slaap 2 persone op ʼn gemaklike koningsgrote bed. Daar is ook ʼn en-suite badkamer met stort en bad. Die suite het ʼn sitkamer, private balkon en gaste badkamer.
Om die mees luukse verblyf te geniet by die Hotel by die Sun City Oord, moet jy die Presidensiële Suite bespreek. Slegs 2 gaste bly in hierdie Suite op ʼn keer. Dit het sy eie eetkamer, private balkon met sonstoele en ʼn borrelbad wat perfek is vir die lui namiddae of aande.